Aftreehuis met uitsig oor die wye bosveld, groen gras en lieflike bome te koop in Modimolle
Hierdie 3 slaapkamer huis is ideaal vir mense wat hou van die bosveld.
Koffie in die oggend of "sundowner"in die middag in die lapa is die lewenswyse
Netjies huis met 2 badkamers Oopplan sit en eetkamer Kombuis met baie kaste en afsonderlike opwas gedeelte Dit loop uit na die ruim grasdak lapa met uitsig na buite.
Die hele huis is geteël en toegerus met 2 lugversorgers 'n 2.4Kva inverter en petrol kragopwekker is ingesluit Daar is ook 'n gas waterverwarmer indien nodig.
Die dubbel motorhuis het outomatiese houtdeur en dubbel motorafdak voor
Baie netjiese tuin
Die "tuin"buite maak van hierdie huis 'n unieke en spesiale woning. Groot bome verskaf koelte en plek vir voëls om nes te maak. Ideaal om saam met die familie te kuier en braai. Die perde kom van tyd tot wei teen die draad en duikers is ook gereelde gaste.
Dink: Die son sak in die weste, die voëls kwetter in die bome en die vleisie braai op die kole
Dis 'n lewensstyl aftrede in veilig en rustige omgewing.
Kontak ons gerus as hierdie jou idee van aftrede is.
Sign-up and receive Property Email Alerts of Houses for sale in Modimolle, Modimolle.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the Seeff Property Group website is accurate and up to date, Seeff Property Group makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Please note: Most banks charge an administration and initiation fee. Disclaimer: These calculations are only a guide. Please ask your conveyancer for exact calculations.