R1,715,000
R1,715,000
3 Bedroom Retirement Unit For Sale in Modimolle
3
Bedrooms
2
Bathrooms
3
Parkings
Sole Mandate
Ref. RLS984338
Land 648.00m²
Monthly Repayment
R17,122.21
Ben Peyper
Ben Peyper Candidate Property Practitioner - Sales Seeff Waterberg PPRA Registered | FFC 202577721930000
Dawid Lombard
Dawid Lombard Property Practitioner Seeff Waterberg PPRA Registered | FFC 2023393138
Monthly Rates R1,400
Total R1,400

3 Bedroom Retirement House for Sale in Modimolle

Web Ref. RLS984338
Pragtige en Ruim Aftreehuis Te Koop in Bosveldsig Aftreeoord, Modimolle

Hierdie pragtige en ruim aftreehuis in die gesogte Bosveldsig Aftreeoord is in 'n uitstekende kondisie en gereed vir sy nuwe eienaars. Met sy netheid en maklike onderhoud is dit 'n ideale belegging wat nie lank op die mark sal wees nie.

Die huis spog met ten volle geteëlde vloere en Trellidor veiligheidshekke wat bydra tot gemoedsrus en sekuriteit. Die baie ruim vertrekke in die leefareas en slaapkamers skep 'n gevoel van oopheid en gerief.

Eienskappe van die Huis:

- 3 Ruim Slaapkamers: Elk met genoegsame kasruimte.
- 2 Volbadkamers: Beide met 'n stort en 'n bad.
- Groot Oopplan Sit- en Eetkamer: Ideaal vir kuier en gesinslewe.
- Groot Kombuis: Toegerus met hoë kwaliteit soliede kiaat kaste.
- Aparte Opwaskamer: Bied spasie vir wasmasjiene en ekstra opbergkaste.

Die leefarea lei na 'n aangrensende studeerkamer, perfek vir 'n tuiskantoor of leesarea.

Die sonnige hoofslaapkamer beskik oor ruim kaste en 'n en suite volbadkamer.
Hierdie kamer is slim geskei van die ander twee slaapkamers vir ekstra privaatheid vir beide gaste en inwoners.

Die tweede en derde slaapkamers is ewe ruim met ingeboude kaste, en die tweede volbadkamer is gerieflik langs hulle geleë.

Daar is ook 'n privaat werkskamer met 'n klein stoorkamertjie, wat addisionele funksionaliteit bied.

Ekstra Gerief en Buitelewe:

Naas die dubbelmotorhuis is daar 'n karavaanmotorhuis agter 'n oproldeur.

In die agterplaas is 'n mooi versorgde tuin, ideaal om te braai en te ontspan in 'n beskutte en private ruimte.

Hierdie huis is gereed vir intrek en bly. Dit is 'n vol-titel eiendom vir die 50-plus ouderdomsgroep persone met die bykomende voordeel van geen maandelikse heffings nie.

Bosveldsig Aftreeoord bied 'n veilige en rustige bosveldomgewing in Modimolle (voorheen Nylstroom).


Kom kyk gerus – hierdie huis sal nie lank in die mark wees nie!

Features

Interior
3 Bedrooms
2 Bathrooms
1 Kitchen
1 Lounge
1 Dining Room
1 Study
Exterior
2 Garages
1 Parking
Sustainability
Water Tank
Backup Battery/Inverter
Sizes
Land Size 648 m²

None, Modimolle

  • Street view

Finance

Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're looking for?