SHOWING ARTICLE 478 OF 1830

Drama, musiek en kuns - Kalfiefees bring top-gehalte produksies na Hermanus

Category Area Focus

Seeff Hermanus ondersteun die ryk kuns- en kultuurgeskiedenis van ons walvisparadys, en is trots om deel te wees van dié hoofsaaklik Afrikaanse toneelfees wat jaarliks top-gehalte produksies na die Overberg bring. Die fees vind plaas van 4-9 Augustus 2022 en kaartjieverkope open 28 Junie by Webticket.

Die Kalfiefees is die skepping van dr. Niel le Roux. Hy het n geleentheid gesien om feeste in Onrus aan te bied - inaggenome die kuns- en kultuurgemeenskap. Later het die fees so populêr geraak dat dit uitgebrei het na Hermanus en Sandbaai.

In 2000 maak dr. Niel Le Roux 'n gastehuis oop in Vermont en weens sy betrokkenheid met teater en die KKNK vra hy sy vriend, skrywer en oud-joernalis Cas van Rensburg, wat ook in Vermont woon, om saam met hom 'n vergadering van die Walvisfees by te woon. Hier rig hulle n versoek om 'n Afrikaanse randfees op die Walvisfees in te stel, waarvoor die komitee glad nie te vinde was nie. Hulle besluit toe om op hul eie 'n aparte Afrikaanse feesie te hou in Augustus in die De Wetsaal op Onrusrivier. Dr. Le Roux doop dit die Kalfiefees oor die klein omvang daarvan en die tyd van die jaar wanneer die walvisse Walkerbaai toe kom om te kalf.

Dr. le Roux en Cas besoek Jean le Roux, redakteur van die Hermanus Times, om al die bemarking te behartig en die koerant se naam word aan die fees gekoppel. Mnre. Guthrie-Theron en dr. Annelie Rabie, wat die fees finansieël ondersteun om Onrusrivier se twee groot geeste, Jan en Jorie (Jan Rabie en Marjorie Wallace), in n toneelstuk te verheerlik wat met baie groot sukses aangebied word - ook op ander feeste. Teatervriende soos o.a. Lizz Meiring, Emile Minnie en 'n fopdosgroep word nader gehak om op te tree, selfs teatertegnici kennisse word ingespan vir die beligting en klank. Hulle hou 'n karnavaloptog in die hoofstraat van Hermanus om die walvisse te verwelkom, nooi eregaste soos die destydse Wes-Kaapse premier Cecil Heradien en Ton Vosloo. Hulle betrek ook Northlink Kollege (toe die Tygerberg Kollege) dramastudente as kaartjieverkopers en voorportaalpersoneel en nader gastehuise om 'n kamer gratis aan 'n kunstenaar beskikbaar te stel.

Verder skep hulle 'n satellietteater in Hawston met die seën van die gemeenskap en eerwaarde Arrison, rig 'n tent met stalletjies in, open met 'n dans in die Sandbaaisaal en siedaar, 'n fees in die kleine is gebore.

Dis hierdie kalfie wat nou 22 jaar later gegroei het tot n walvis en kers vashou by enige ander fees in die land, respek afdwing en groot name trek soos Sandra Prinsloo, Frank Opperman, Waldemar Schultz, Koos Kombuis om maar net n paar te noem.

In dr. Niel le Roux se eie woorde, "Die skep van die Kalfiefees en die bestuur daarvan vir omtrent vyf jaar, is beslis een van die hoogtepunte van my lewe."

 

Author: 1340

Submitted 27 Jun 22 / Views 715

Eastcliff, Hermanus

Eastcliff is a centrally-located suburb of Hermanus with beautiful tree-lined streets. Walking distance from the Hermanus CBD, and surrounded by the Hermanus Primary School, Hermanus High School, and 27-hole Hermanus Golf Club, Eastcliff has... More Info