R16,875,000
R16,875,000
17,200m² Farm For Sale in Orania
4
Bedrooms
2
Bathrooms
2
Parkings
Sole Mandate
Ref. RLS1005964
Land 17200.00m²
Floor 295.00 m²
Monthly Repayment
R168,476.60
Bennie Hoffman
Bennie Hoffman Property Practitioner Seeff Orania PPRA Registered | FFC 202577700240000
Monthly Levy R2,014
Monthly Rates R2,099
Total R4,113

1.7Ha Eksklusiewe Leefstyl "Equestrian" Gasteplaas Landbouhoewe

H078 Rooipad
Web Ref. RLS1005964
PERDE-PRAG in die Karoo!

Hierdie unieke perde-landgoed eenheid is 'n ongekende oase in die karoo; slegs 700 meter vanaf die oewer van die Oranjerivier. Die lowergroen grasperke, goed versorgde tuin en netjiese perdestalle en -ringe bied aan u en u gaste 'n egte plaaservaring wat hulle weer en weer sal laat terugkom na ware vryheid.

Die landbouhoewe bestaan uit twee geregistreerde aandeelblokke wat saam 1.7ha waterregte het; genoeg water om as 'n ekonomiese eenheid te bedryf. Die grond is gesoneer as 'n landbouhoewe 1 met besigheidsregte om as gasteplaas te funksioneer. DIe bestaande restaurant en koffiewinkel beskik oor 'n toegeruste kombuis met 'n egte pizza-oond, ingeboude kroeg, gesellige kaggel en ruim onthaal-area. (Sien nota hieronder oor toerusting/meubels ingesluit) Die stewige houtdek kyk uit oor 'n netjiese loopvlak ("catwalk"') en skakel natuurlik in by die tasbare plaaslewe, perderinge en besonderse sonsondergange.

Die kaapse boustyl, druiweprieele, eende-dam en palmbome is die toonbeeld van rustigheid en kalmte wat slegs die karoo kan bied. Die tweeslaapkamer plaashuis is onlangs opgradeer en bied aan die eienaar 'n snoesige atmosfeer en is netjies afgerond met kandelare, ontwerperstrap, funksionele kombuis en aparte opwasgeriewe. Daar is ook 'n geboude tuinkamer en store op die perseel.

Die uitleg van die spesiale ingang, kampe, restaurant, ablusie fasiliteite en tuin is weldeurdag en bied aan u gaste genoegsame spasie om selfs funksies in groot tente aan te bied. Genoegsame parkering is beskikbaar vir besoekers, asook dubbelafdakke. Die eiendom is energie-onafhanklik met 'n sonstelsel met battery rugsteun, boorgat, gevestigde groentetuin, septiese tenk en 'n groenhuis. 'n Losstaande kantoor is op die perseel beskikbaar, wat kan dien as ontvangs of omskep kan word in 'n gaste-lokaal.

Daar is twee gemeubileerde kothuise vir gaste, weggesteeek in die bos, wat aan besoekers ook privaatheid bied. Gaste wat oornag op die gasteplaas het toegang tot netjiese ablusiegeriewe en natuurlik die restaurant en koffiewinkel.

Die 1Ha vakante hoewe (aandeelblok H139) is reeds toegerus met alles wat nodig is vir die entoesiastiese perderuiter: Netjiese paadjies, perdekampe, voerstoor, aantrekkamer, opsaaldokke, oordekte voerbakke en krippe. Hierdie grond het ook potensiaal om verder ontwikkel te word en selfs onderverdeel te word.


BONUS: 'n Gespesifiseerde lys van A+++ toerusting en meublement vir die huis, restaurant, kantoor en gaste kothuise is ingesluit by die prys van die eiendom. 'n Volledige inventarislys van laasgenoemde is beskikbaar op aanvraag.

Hierdie eiendom is enig in sy soort in Orania, u wil nie hierdie geleentheid misloop nie!


LW. Verblyfreg is 'n voorvereiste.

Features

Interior
4 Bedrooms
2 Bathrooms
2 Kitchens
1 Lounge
1 Dining Room
1 Study
Furnished
Exterior
2 Parkings (Carport)
2 Flatlets
Pet Friendly
Scenery / Views
Sustainability
Gas Geyser
Borehole
Backup Battery/Inverter
Sizes
Land Size 17,200 m²
Floor Size 295 m²
Additional Amenities
Country Living
Backup Water
Air Conditioning Unit
Bar Counter
Blinds
Built In Braai
Change Rooms
Carport
Bungalow
Accommodation
Eco Estate
Curtain Rails
Double Storey
Equestrian Polo Estate
Fireplace
Greenhouse
Office
Stables
Solar Panels
Gas Geyser
Borehole
Backup Battery/Inverter

Orania, Orania

  • Street map
  • Street view
  • Google map for 17,200m² Farm For Sale in Orania

Documents

H078 - Bouplan - 20231122.pdf
418.6 kB Download
Can't find what you're looking for?